Tuesday, July 24, 2012

Eleen Blaeser - Skrywer van Sprankel Dief


Baie welkom aan Eleen Blaeser, die skrywer van

Sprankel Dief.


Kyk gerus na Eleen Blaeser se blog by http://www.eleenblaeser1.blogspot.com



HOEKOM DIE BOEK SPRANKEL DIEF?



Ek was besig om ‘n ander boek te skryf.toe ek net besef het ek moet Anne se verhaal vertel. Ek het twee hoofstukke geskryf en aan die uitgewers voorgelê. Hulle reaksie was: Los alles en maak eers Sprankel Dief klaar.

Anne was ‘n pragtige vrolike jongmeisie met sterre en drome in haar oë. Sy was ‘n regte sonkind. Totdat sy onwetend in die liefdesweb van ‘n manipuleerder vasgevang word en nie weer daaruit kan ontsnap nie.

Haar lewe het bestaan uit teleurstelling op teleurstelling, tot ‘n klimaks van algehele vernedering en wantroue in die skepsel wat haar moes beskerm en eer. Dit is ‘n hartseer en skokkende verhaal van hoe ‘n wreedaard hierdie drome een vir een verkrag en vernietig het.

Na een so skrikwekkende episode [ek haal aan uit die boek ] Sy lê met haar vernielde stukkende siel in haar oë na hom en kyk, hoor die lirieke van ‘n ou liedjie in haar kop oor en oor speel. “I had nothing but sorrow...there’s no hope for tomorrow...every sweet thing that matters has been broken in two...all my dreams have been shattered..I got no plans for next week...got no plans for today..I guess I’ll stay broken hearted.” Sy dink: Jy het die lag uit my stem, die vonkel uit my oë gehaal. Jy is ‘n dief...’n sprankeldief.  En dit is dan ook hoe ek en my dogter op die title besluit het.

Vir soveel jare het Anne se storie opgesluit gelê in my hart, dat my vingers omtrent vanself getik het. Binne dertien dae na ek letterlik dag en nag geskryf het het haar verhaal ten einde laaste gestalte gekry tussen die blaaie van ‘n boek.

In Anne se verhaal is ook die tragiese verhaal van een van haar beste vriendinne ingeweef. ‘n jong vrou met vyf kinders. In die steek gelaat deur veral die stelsel en die wet van daardie tyd. Maar ek wil nie te veel verraai nie.

Volgens Violence against women word 1 uit elke 3 vroue van alle rasse en inkomstegroepe deur hulle manlike metgeselle op een of ander manier mishandel. Slegs 1 uit elke 10 vroue rapporteer dit ooit. Wat ‘n skokkende statistiek.

Ek wil hê mense moet weet...DIT GEBEUR REGTIG. En dit gebeur nie net in die plakkerkamp in ‘n aanmekaar getimmerde hut nie. Dit gebeur in elke laag van die samelewing. Dit is nie net die alkoholis wat sy vrou mishandel nie. Dit is dalk die predikant wat elke sondag in sy toga op die preekstoel staan, dit is die vriendelike dokter wat jou met soveel deernis behandel as jy siek is. Dit was dalk jou pa of jou broer of  jou man se boesemvriend wat ouderling in die kerk is.

Dit is die verhaal van jouself, dalk jou ma, jou vriendin, jou suster of dalk jou ouma!!!


WIE WIL JY BEREIK DEUR DIE BOEK?



Anne se verhaal speel af in die vroeë 1980’s. In daardie tyd was daar byna geen hulp vir vroue in haar situasie nie. Die vrou wat so goed soos die man se eiendom om mee te maak wat hy wil.

Ek het Sprankel Dief geskryf vir elke vrou wat al die skrikwekkende werklikheid van een of ander vorm van mishandeling beleef het en nog daagliks beleef.

Die vroue wat daagliks met ons skouers skuur by die werk, in die supermark, in ons vriende en familiekring. Hulle stap rond met ‘n glimlag en voer hulle pligte soos outomate uit. Maar niemand sien hulle stukkende siele en verbryselde vrouewees nie. Niemand weet van die pyn en vernedering wat hulle soos ‘n onsigbare kleed toevou en swaar aan dra nie.

Die vrou wat haar bloukolle onder haar klere en agter haar donkerbril verberg. Die vrou wat haar spieëlbeeld vermy omdat die nikswerd mens waarvoor sy uitgeskel word in haar spieelbeeld reflekteer.

Sy wat elke oggend na ‘n nag van pyn en vernedering haar seer liggaam en stukkende vrouwees agter ‘n glimlag verberg.

Vir elke vrou wat met haar beseerde en gekneuse liggaam haar trane moet wegsluk om haar kindertjies te troos en te probeer gerus stel.

Vir hulle wil ek sê:  Jy is die kroon van God se skepping. God het jou geskape om bemin en vertroetel te word. Om geeër te word as die swakkere geslag. Die Bybel leer ons. “Manne julle moet julle vroue liefhe soos God die gemeente liefgehad het...soveel dat Hy sy enigste seun gegee het sodat julle kan lewe. Kry mens ‘n groter liefde as dit?

Dit is ‘n wet van God dat ‘n man sy vrou moet liefhê en eer. Hy doen jou nie ‘n guns nie. Jy is geregtig daarop. Jy is niemand se slaansak of asblik nie. Jou lewe hoef nie beheer te word deur ‘n bullebak en swakkeling nie.

Meeste slagoffers glo dit is hulle eie skuld en dra maar die las van skaamte en verwerping. Neem vandag nog die besluit om weer beheer oor jou lewe te neem. Dit gaan nie maklik wees nie. Jy gaan dalk finansieel swaarkry,.maar jou menswees gaan weer joune wees. Jou siel gaan weer aan jou behoort. 

Terwille van jou kinders moet jy die besluit neem. Volgens statistiek is die kanse dat ‘n seun wat uit ‘n geweldadige verhouding kom groot dat hy ook eendag sy vrou sal mishandel. Hy sien dit dan byna elke dag. Pa slaan vir ma en ma doen niks...so dit moet seker reg wees.

Jou besluit is die sleutel om die deur na ‘n nuwe lewe oop te sluit. Dit is net in jou hande. Niemand anders kan dit vir jou doen nie.

Ek sal graag wil hê vroue moet daaroor praat. Om stil te bly sterk net hierdie man in sy kwaad. Hy weet jy gaan nie praat nie. Jy is die slagoffer. Hy is die een wat sy kop in skaamte sal moet laat sak as dit uitkom. Jy is nie die skuldige nie. Al moet jy volgens God se woord aan hom onderdanig wees, moet hy jou nogsteeds eer.

Niemand gaan ‘n vinger na jou wys nie. Alle vingers gaan na hom wys. Gaan soek hulp. Praat met iemand...’n maatskaplike werker, ‘n vriendin, jou suster. Die wet is aan jou kant. Gaan praat met die klerk by jou plaaslike landdroskantoor waar jy gratis ‘n interdik [beskermingsbevel] teen hom kan kry.

Hierdie mense kan jou raad gee hoe om uit hierdie bose sirkel van geweld weg te breek. Ek wil hulle omtrent smeek om nie stil te bly nie.

Anne het niemand vertel nie...en die gevolge was tragies.

Die publiek daar buite. Moenie wegkyk as jy vermoed iemand wat jy ken word mishandel nie. Steek ‘n helpende hand uit. Die kanse is goed dat hulle dit sal ontken. As hulle nie hulp kry nie sal hulle nooit uit die verhouding kan kom nie.

Ma, as jy vermoed jou dogter se nuwe kerel mishandel haar moenie stilbly en hoop dit gaan verander nie. Die kanse is 100% dat dit net erger gaan word. Gee vir haar Sprankel Dief om te lees. Sy sal hopelik die gevaartekens herken.

Vir jongmeisies. Lees die boek en wees bedag op die gevaartekens;-

·         As hy jou lewe wil beheer

·         Vervreem van familie en vriende



TERUGVOER VAN LESERS



Dr Yan Venter
Ek het die boek gelees en my oë het vasgenael gebly aan elke bladsy tot die einde. Wat ‘n wonderlike boek. As ‘n leraar vir bykans 40 jaar wil ek hierdie boek ten sterkste aanbeveel. Ek voel dat enige persoon wat met geweld teen vroue te doen het, hierdie boek as geskrewe material moet voorhou. Alhoewel in fyn smaak en sonder om grafies te wees, draai dit geen doekies om die verskrikking wat geweld en verkragting in die huwelik vir vroue inhou nie. Die boek hou onskatbare waarde vir ieder een wat haar haarself in soortgelyke omstandighede bevind. Dit is ‘n groot jammerte dat Sprankel Dief nie al baie jare vroeër verskyn het nie.


MAGRIET
‘n Moet koop vir enige vrou en ma. Vir jong meisies met die hoop dat dit hul oë sal laat oopgaan, sodat hulle op die uitkyk vir waarskuwingstekens in ‘n verhouding sal wees. Gee dit vir julle seuns om te lees en moenie julle blind staar vir die foute wat hulle maak nie.


ELMIE
Het sondag tannie se boek gekoop. Ek het so gehuil. Dit is ‘n verskriklike verhaal. ‘n Mens besef eers as jy die boek klaar gelees het dat dit so waar is wat daarin gebeur. Ek lees nie eintlik Afrikaans nie, maar dit is een boek wat ek weer sal lees.

ADEL
Ek was vir jare in ‘n verhouding met ‘n man wat my afgebreek en verneder het. My ouers en vriende het gepraat maar helaas ek wou nie hoor nie. My vriendin het jou boek in Mosselbaai gekoop en vir my gegee om te lees. Ek het die hele nag gehuil, maar teen die oggend het my oe oopgegaan. Ek het die verhouding verbreek. Dit is nog baie moeilik en swaar vir my maar as ek daaraan dink om terug te gaan.lees ek jou boek. Jou boek het verseker my lewe gered.


NADIA ELS
Wat ‘n ongelooflike “eye opener”. Ek kon eenvoudig nie die boek neersit nie. Was lanklaas in my lewe so geboei deur ‘n boek. Met tye was ek so angstig vir Anne se onthalwe dat ek amper nie verder kon lees nie. Bravo! Eleen Blaeser! Kan nie wag vir jou volgende boek nie.


VALESCA
A ground breaking book, about the pain women endure when living a life in an abusive relationship. Every woman and man should read this. God bless you Eleen Blaeser for being so courageous, open and showing people the effect abuse has on society. Through you, God has shown me and hopefully others  He has better plans for us. Keep inspiring and motivating us.

ADRI
Hi Eleen ek het vanoggend die boek gaan haal. Ek het dit sopas klaar gelees, ek kan dit nie neersit nie.
Dit was puik!! Sjoe kry mens werklik sulke mans?

Dame [83] epos:-
Ek was een van daardie vroue wat mishandel is. Ek en my man was altwee professore aan ‘n bekende universiteit. Vir al hierdie jare het ek die vreeslike skande wat my oorgekom het vir myself gehou. Nadat ek jou boek gelees het het ek besef ek was nie die skuldige nie. Ek was die slagoffer. Die verligting om nou daaroor te kan praat is so bevrydend. Dit voel asof daar ‘n groot las van my skouers afgerol het. Dankie vir ‘n wonderlike boek.


JOHN
Elke man moet die boek lees. Die bladsye het hulle sommer vanself omgeblaai. Nog nooit voorheen het ek besef hoe werklik geweld in die huwelik is nie. Ek het skaam gekry om te dink dat iemand wat homself ‘n man noem tot die dade in staat kan wees. Vroue moenie stilbly as hulle mishandel word nie. Vertel almal!!


KARIN
Kon net ‘n paar bladsye op ‘n slag lees. Dit is so na aan die huis. Ek is vir jare in ‘n huwelik waarin ek afgekraak en aaangerand word. My predikant sê ek moet net moed hou en dat alles sal regkom. Dit is 10 jaar later en dit het nog nie. Ek het besluit om hulp te soek. Dankie vir Sprankel Dief.dit het my oë oopgemaak.


LYNETTE
Wat ‘n fantastiese boek!! Ek kon dit nie neersit nie.  Ek het n baie goeie vriendin in die verhaal herken. Ek is so jammer dat die boek nie al vroeër verskyn het nie. Gaan dit defnitief vir my 3 seuns gee om te lees. Sien uit na jou volgende boek.


ANONIEM
My man is ‘n bekende predikant. Eleen ek het met trane jou boek gelees want ek is daar. Die man wat elke sondag op die kansel staan is nie dieselfde man wat sy vrou en kinders byna daagliks deur hel sit nie. Jammer om te sê ek het nie die moed om te loop nie. Hoe kyk ek weer die wêreld in die oë. Niemand sal my in elk geval glo nie. Hy bied berading aan ander vroue.kan jy dit glo? Miskien eendag sal ek eendag vry kom. Tot dan bid maar vir my.
ELISABE [maatskaplike werker]
Volgens my die beste boek oor die onderwerp wat nog verskyn het. Niemand het nog so eerlik oor die saak wat derduisende vroue wêreldwyd raak geskryf in Suid-Afrika nie. Dit is smaakvol tog op die man af. Vir die eerste keer het iemand die moed gehad om sonder om doekies om te draai die volle verskrikking van geweld en verkragting in die huwelik op skrif te stel. Ek wat elke dag met hierdie tipe ding werk wens dat die boek al jare gelede verskyn het. Elke vrou en veral jongmeisies moet dit lees. Solank as wat dit onder die tafel ingevee word en mense anderpad kyk sal dit net erger en erger word.

Die verhaal het my van die eerste bladsy aangegryp. Ek beveel dit ten sterkste aan. Baie geluk Eleen met ‘n puik stuk werk.


WAAR KRY LESERS SPRANKEL DIEF?

Sprankel Dief is beskikbaar op eBook teen $7.99 by B&N en Kobo (sowat R68) en op Smashwords net $6.99 (sowat R59)

Kry 50% afslag op Sprankel Dief by Smashwords deur kode WQ45M te gebruik by betaling.
Kode verval 21 Augustus 2012.

Die Engelse weergawe The Sparkle Catcher is ook te koop by die bogenoemde websites.
Vir 50% afslag op The Sparkle Catcher op Smashwords gebruik kode: SB49C (kode verval 21 Augustus 2012)
Kyk gerus na Eleen Blaeser se blog by http://www.eleenblaeser1.blogspot.com

Thursday, July 19, 2012

Why I support Indie Authors

Why I Support Indie Authors

About a year ago a good friend of mine sent two chapters of a book to a publishing house in Mosselbay, South Africa. They responded within less than a week and gave her two weeks to finish the book. She worked 24/7. The book was finished on time. The publishing house signed a contract wherein they promised a book launch and signing, an author website etc etc. All this was supposed to happen by December 16th 2011. By the 10th they haven't started planning the launch. No invites had been sent. Nothing was done! 
Finally the 17th came and the book was launched at a small book shop in Mosselbay. No more than 30 people attended. 
The book was supposed to be in stores by December 24 2011 for Christmas shopping. It was in one store, the little book shop where it was launched.
Early 2012 the publishing house had to close its doors. An employee a.k.a manager stole a lot of money. Neither my friend's book nor any of the other author's books made it to stores. They didn't see a cent of the money that they paid to the publishing house. 

In April I started researching self publishing. My friend agreed and I helped her to finally publish her book on Smashwords. 

My vision and mission is to help Indie Authors, especially the ones who have been wronged by the publishing house in South Africa. 

On this blog I will review and interview Indie books and authors. 

Find me on twitter http://www.twitter.com/Blogging4Indie
Facebook: https://www.facebook.com/blogging.indie

Happy Writing, 

Blogging for Indie